E-pos Adres

info@intfingroup.co.za

WhatsApp-Nommer

078 026 1227

Ons Ligging

Suid-Afrika

Volg Ons :

Oor Ons

Wie is ons?

Hoe kan ons ‘n verskil maak?

Finansiële onafhanklikheid en die voorsiening van voldoende Lewensversekering, Aftree voorsiening en Beleggings wat groei is vir ons van kardinale belang.

Asook om te verseker dat ons u korttermyn behoeftes sal bepaal om u te alle tye die korrekte inligting deur te gee en u gemoedsrus te besorg deur u besittings vir enige skade te dek.

Ons kan jou help om ‘n ingeligte besluit te neem tot voordeel van jou finansiële toekoms. Deur jou te lei deur die talle finansiële produkte tot ons beskikking kan ons vir jou die nommerpas produk aanbeveel wat by jou unieke omstandighede pas.

Hoe ons werk

Vier stappe om u versekering te kry

Ons het vier stappe hieronder, waardeur u maklik versekering kan kry volgens u behoeftes

01

Maak 'n afspraak

02

Skedule vergadering

03

Ontmoet die agent

04

Kry jou versekering

Meer Oor Intfin

Ons Visie en Missie

Visie

Om Internationale Finansiële Dienste van hoë gehalte te lewer op ‘n Christelike grondslag wat eerlike opregte dienste sal lewer aan ons kliënte en die gemeenskap.

Missie

  • Om die Woord van God as die enigste rigtinggewend vir alle handelinge en optrede te aanvaar.
  • Om ‘n eenstop finansiële diens te lewer volgens die standaarde van vriendelikheid, voortreflikheid, kwaliteit en professionaliteit.
  • Diensgerig teenoor ons kliënte te wees en alles met vertroulikheid te hanteer.
  • Deurentyd op hoogte te bly van nuwe wetgewing. Die versekeringswette na te vors en te bestuur.
  • Ons besef dat ons in ‘n veranderde samelewing leef en dat ‘n groter verantwoordelikheid op ons skouers as finansiële raadgewers rus.
  • Die belange van ons kliënte vreesloos te beskerm en te bevorder en ons professionele dienste toegewyd te rig.
  • Om onafhanklik en met integriteit op te tree.
  • Om bereidwillig te wees om ekstra moeite vir ons kliënt te doen en hulle te ondersteun tot die bitter einde.
  • Om trots op en lojaal te wees teenoor ons kliënte.