E-pos Adres

info@intfingroup.co.za

WhatsApp-Nommer

078 026 1227

Ons Ligging

Suid-Afrika

Volg Ons :

Korttermynversekering

Ons bied korttermyn versekering advies asook ‘n verskeidenheid van dekking om jou te beskerm teen onvoorsiene gebeure.

Korttermynversekering

Ons bied ‘n groot verskeidenheid van korttermyn versekerings produkte vir beide jou en jou besigheid. Met adviseurs wat spesialis versekering hanteer kan ons met gemak voldoen aan jou daaglikse kommersiële en gespesialiseerde versekering behoeftes. Saam met gehalte versekerings produk verskaffers het jy ‘n verskeidenheid van versekerings opsies. Ons sal jou help om hierdie opsies te evalueer en ‘n koste effektiewe versekerings vir jou behoeftes struktureer. Ons is ook daar om jou te ondersteun wanneer jy ‘n eis wil indien.

Persoonlike Korttermyn Versekering

Ons korttermyn versekering bied jou toegang tot motor, huis, aanspreeklikheid asook ongeluk dekking uit ‘n verskeidenheid van gehalte produk verskaffers. Ons kan ook reël vir top-op dekking om jou versekerings voordele te verhoog. Deur ons Assist produkte wat op ons polisse bygevoeg word het jou toegang tot ‘n reeks waarde toevoegings voordele.

Voertuig Versekering

Beskerm jouself teen die koste van ‘n motorongeluk, beskadiging en diefstal. Jy kan ‘n motor, bakkie minimus en vragmotor verseker deur ons. Ons bied vir jou ‘n verskeidenheid opsies tussen produk verskaffers sodat ons aan jou spesifieke behoeftes kan voldoen. Ons bied vir jou ook IVP op van ons geselekteerde produkte wat beteken dat jou voertuig se waarde op die polis nie aangepas word saam met die depriasie waarde nie. Dus indien jou voertuig afgeskryf of gesteel word betaal die waarde wat op die polis is uit en nie wat die voertuig se waarde op daardie oomblik is nie.

Wat is jou opsies vir voertuig dekking?

Derde party motor versekering: dit dek jou teen skade aan die derde party wat jy veroorsaak in ‘n ongeluk maar dek geen skade op jou eie voertuig nie.

Derde party, brand en diefstal: Dit sluit die skade van die derde party in, dekking indien jou voertuig gekaap, poging om te steel en diefstal. Dit dek ook indien jou kar beskadig word deur brand, weerlig of ontploffing.

Omvattende motor versekering: Dit dek alle risiko’s wat jou motor moontlik kan ervaar of dit stilstaan of beweeg. Dit sluit ook padbystand, mediese bystand, insleep van die voertuig asook stoor van die voertuig indien jy in ‘n ongeluk was.

Jy kan ekstra funksies byvoeg op jou polis soos motorhuur wat sou beteken dat die versekeraar jou met n voertuig voorsien vir ‘n aantal dae tot jou kar herstel is of jou eis afgehandel is in die geval van diefstal. Daar is ook dekking beskikbaar vir jou persoonlike klankstelsel wat in jou voertuig is.

Huisinhoud en geboue dekking

Beskerm jouself teen die koste van skade aan jou eiendom of huishoudelike besittings wat veroorsaak word deur ongelukke, diefstal en natuurrampe. Huisinhoud dekking kan jy uitneem al huur jy die woning. Deur die keuse van verskeie produk verskaffers kan ons vir jou die beste opsie vir jou behoefte bied.

Watter opsies het jy onder huisinhoud en geboue dekking?

Gebou dekking: Bied dekking vir jou eiendom soos jou private woning, buitegebou en swembaddens. Jy ontvang dekking teen brand, weerlig, wind, vloed, aardbewings, diefstal en vandalisme.

Huisinhoud dekking: Bied dekking teen skade as gevolg van natuurrampe, ongelukke en diefstal. Ons kan ook reël vir ‘n opname van jou huishoudelike inhoud.

Alle risiko dekking: Bied dekking teen verlies of skade van alle vorme van risiko’s vir enige item wat jy spesifiek wil verseker soos jou horlosie, juwele, selfoon of skootrekenaars.

Aanspreeklikheid en Ongeluksdekking

Wat is jou opsies:

Persoonlike aanspreeklikheid wat eise teen jou deur ander dek .

Persoonlike ongeluk wat jy dekking bied as jy beseer is , in die hospitaal opgeneem , gestremdes of sterf as gevolg van ‘n ongeluk.

Top-op Dekking

Die dekking maak voorsiening vir die koste wat jou versekeraar nie uitbetaal tydens ‘n eis. Dit beteken dat jy nie verantwoordelik gaan wees om in te betaal op jou eis omdat jy onder verseker wat nie. Die dekking word gebruik wanneer voertuie verseker word om voorsiening te maak vir die rente wat jy nog aan die bank verskuldig is omdat die finansiering bedrag meer is as die voertuig se versekerde bedrag.

Kommersiële Versekering

Ons kommersiële versekering kan jou help met die suksesvolle bestuur van jou besigheid. Ons bied ook ‘n verskeidenheid spesialis produkte om in jou unieke behoeftes te voorsien.

Besigheidsversekering

Beskerm jou besigheid teen kommersiële onderbrekings, koste van skade aan eiendom, diefstal en eise wat moontlik teen jou besigheid ingestel kan word deur ander persone.

Jy kan jou besigheid verseker teen moontlike verliese wat insluit natuurlike rampe, toevallige skade en gebrekkige vakmanskap.

Wat is jou opsies?

Algemene besigheidsversekering: Kommersiële versekering dek jou besigheid se bates teen verlies of skade as gevolg van diefstal, vandalism, vloed, vuur en ander gevare.

Aanspreeklikheid versekering: Dek jou besigheid teen eise as gevolg van beserings of skade wat deur jou besigheids bedrywe veroorsaak is. Dit is veral belangrik vir besighede wat met kliënte se bates werk of op die kliënt se perseel werk verrig.

Sommige besighede kombineer algemene en openbare aanspreeklikheid. Jy an ook jou besigheid dek teen beserings van werknemers op jou persele.

Spesialisversekering

Ons verstaan dat jou besigheid unieke versekerings behoeftes het. Dit is die rede waarom ons ‘n verskeidenheid van spesialis produkte en polisse bied. Ons kan ook spesifieke risiko’s dek soos die volgende:

• Lugvaart versekeringsdekking
• Regspersoon / deeltitel
• Konstruksie, ingenieurswese en plant
• Krediet beskerming
• Oes
• Tandheelkundige praktyke
• Opvoedkundige instellings
• Gastehuise
• Swaar handelsvoertuie
• Gasvryheid
• Aanspreeklikheid
• Vee
• Mariene
• Mediese praktyke
• Vulstasies
• Plekke van aanbidding
• Grasdak-risiko’s
• Reisversekering
• Veeartsenykundige